Total Pageviews

Saturday, November 19, 2011

...


Hier is 'n paar fotos van die heerlike troue van Maryna en Andre. 

Ek probeer uit die pad wees, alles van ver afneem en nie my flits gebruik nie. Die beligting en sluiterspoed word ongelukkig so benadeel. Verdra asseblief!

Ek neem nie mense van naby nie, maar as jy enige foto liewer wil laat afhaal, laat weet my asseblief. Die e-pos adres is op my profiel.

As jy 'n foto mooi groot wil sien, kliek net daarop.



Die mooiste kerkie het vir ons ingewag

Party was net 'n bietjie te vroeg!

En die stralende bruidegom wag ons in!
mens kan lank oor hom praat, alhoewel 'n CA-tipe, nie 'n vervelige ou nie. Ons werk ook lekker saam met MBA studente en hy weet hoe!

Die kerk is aangrypend



Terwyl ander weer skaamteloos brag met die fraaiste kleintjies!






Dit is amptelik die mooiste straat in Gauteng. Jy MOET hier wees die eerste week van November!


Dieselfde argitek wat vir ons die Uniegeboue, Boschendal en die Pretoria stasie gegee het. Ons kerk is in 1904 gebou.




Hier was vandag meer Dominees as 'n persentasie van die bevolking as wat jy nog gesien het. Die mooie regs is ook een!




En die pragtige kerk, die atmosfeer, die stilte, om weer in jouself te kan kyk...

'n Paar jaar gelede in Engeland staan ek alleen voor staan voor die gemeentetjie. High Church Anglican.  

Die predikant skink die wyn:

"This is the blood of Christ spilt for you brother, just for you. Please let us all pray for this brother". 

Sal dit nooit vergeet nie.

Tog wonder ek soms of ons nie iewers op ons hervormingspad, al die lawaai in ons kerke, die 4x4 monsters op die paraplee se parkeerplek by Moreletapark se kasteel, die manier hoe ons dinge doen, die onsin waaroor ons redeneer, vergeet het dat ons maar net moet "Vir mekaar lief wees soos vir jouself.."

Dalk onthou dat dit eintlik gaan oor "Salig is die vredemakers...salig is die sagmoediges.." en om jou goed oorgee om verbrand te word.

Het ons nie dalk langs die pad iets moois verloor nie?










Ons is almal net te mooi opgetof vir die geleentheid van die jaar

Die swierige strooijonkers doen 'n laaste wedersydse verstellingkie


Toe breek die oomblik aan waarvoor almal so lank gewag het!!







Die mooie strooimeisies gee luister aan die geleenheid soos min ander!





Jurgens Burger ons fotograaf en my ou medewerker oor baie jare by Die Bruidsgids. Hy weet hoe!!




Om alles te kroon 'n pikswart Beemer!



En meer oor hoe om jou onthaal die een te maak om te onthou lees ons artikel in die nuwe Bruidsgids en  kry ons boek daaroor hier.

Ander foto blogs is by hierso. Kliek net op Photoblogs aan die regterkant.

Dankie dat jy kom kyk het...Van der Spuy Brink